Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Irish Swedish Yiddish
 
 
 
 
You are here:: Artikels
 
 
 
 
 
 

Inspirasie en Evangelisasie

Nog los gedagtes

E-pos Afdruk
Nog los gedagte.

Ek het geen idee waarheen hierdie gesprek of gedagtes kan lei nie! Ek stap Donderdag in 'n winkelsentrum in en kry 'n ma wat vir haar vier-jarige seuntjie en sy maatjies, wat almal in die maand verjaar, speelgoed koop. (Seker net 'n dominee wat daardie tyd van die dag in winkelsentrums kan rondloop?) Almal kry dieselfde geskenke, 'n plastiek swaard, skild en helm. Dadelik kom die vraag by my op: Hoekom juis dit? Ek het nie die guts om haar te vra nie!

Leesmeer

Vervolg - Paar Los Gedagtes

E-pos Afdruk

Elke kultuur het ‘n “rite of passage” waarvan die meeste verband hou met bloed of optredes wat braafheid bewys! Die uitdaging bly natuurlik om binne ‘n samelewing die definisie te vind wat braafheid sal omskryf. Tog vreemd hoe daar vir die mans ‘n testosteroon gedrewe daad van aggressie is. Hoe word daar in vandag se samelewing uitdrukking daaraan gegee? Is dit noodwendig kontak sport soos rugby ens. Of is daar ander maniere waarop die manlikheid bewys word? Dit blyk tog dat die testosteroon gedrewe wêreld nie plek het om manlikheid op ‘n ander manier te bewys nie?

 

Aan die ander kant van die muntstuk is die vraag wat die “rite of passage” vir die vrou is? Is dit die estrogen gedrewe soeke om met soveel van die teenoorgestelde geslag seks te hê om die vroulikheid te bewys? Dit bring natuurlik sy eie etiese en Godsdienstige vraagstukke daarmee saam.

 

Dit blyk dat ons tans in ‘n samelewing leef waar die waardes en norme van jouself baie vervaag het, selfs tot op die punt waar daar sub-kulture bestaan met hul eie reels in hierdie verband. Is daar nog hoegenaamd sprake van ‘n algemene aanvaarbare sosiale norm vir beide man en vrou om hul manlikheid of vroulikheid te bewys?

Leesmeer

Paar Los Gedagtes

E-pos Afdruk
Kort na bevrugting word die fetus gevorm. Na agt weke is die fetus volmaak en van daar af word die organe net verder ontwikkel. Die vraag kom outomaties op, wanneer is die fetus bewus daarvan dat hy/sy ‘n mens is? Miskien een verdere vraag, wanneer is die fetus daarvan bewus dat dit ‘n bepaalde geslag is.

Wanneer is ‘n mens bewus van die feit dat jy dood is? Dit mag na ‘n snaakse, byna filosofiese argument klink. Maar dit het ‘n impak op die mens se hele lewe; vanaf sy selfbeeld, wêreldbeskouing en spiritualiteit.

Vanaf konsepsie tot 40 weke later, ontwikkel daar ‘n totale presoonlikheid, geneties pre-disponeer, maar andersyds ‘n skoon bladsy waarop die eerste letters van die lewe geskryf word. Dit is een van die ou sielkundige vrae: “Nature or nurture!.

Die Bybelse standpunt van: “In sonde ontvang en gebore”, word ook op die spel geplaas. Kan ‘n baba van ‘n week oud reeds gesondig het? Let wel, hier is geen kits-antwoord moontlik nie. Die “stupid vraag is: “Wanneer weet jy dat jy lewe,” Wanneer weet jy dat jy dood is?”
Leesmeer

Bladsy 1 van 19

 
 
 
 

Nuwe Artikels

MP3 Preek

Login