[Uit- Gedagtes uit die Hart -1998]

In die maan se koel strale
word ‘n babastem gehoor
‘n Seun is vir ons gebore
Hy is vir ons as mens gestuur …
Maar wie sal in Hom glo?
Die wyse manne bring vir die Gesalfde Koning geskenke
Goud, wierook en mirre
Hul buig hul voor Hom neer
Hy is as Grote Koning vereer …
Maar wie sal in Hom glo?
Die Seun vertel van Sy wandel,
lyding, sterwe en opstanding
Hy staan en preek vir al die nasies
Hy is as Priester, Leermeester vir ons gestuur …
Maar wie sal in Hom glo?
Die veroordeeldes hang reeds aan hul kruise
Sy bloed vloei vir ons uit Sy liggaam
Hy vra dat die Vader ons vir ons onkunde moet vergewe
Hy is as ons Verlosser aan die kruis …
Maar sal die mense nou in Hom glo?
Na Sy graf word Hy geneem
Na drie dae staan Hy op uit die Dood
en vaar op na die hemel om saam met die Vader,
die Gees vir ons ‘n Regsman te wees …
Maar glò die mense nou in Hom?
Kennis van Sy wandel, lyding, sterwe en opstanding…
Vertroue in die boodskap, beloftes wat Hy bring…
Gee saamgevoeg …
Geloof in Christus ons Heer en Verlosser
Geseënd is dié wat in Hom glo!
© L..H. Kok - 1998
| < Vorige | Volgende > |
|---|





