Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Irish Swedish Yiddish
 
 
 
 
You are here:: Artikels Mismoedig? Gaan kerk toe!
 
 
 
 
 
 

Mismoedig? Gaan kerk toe!

E-pos Afdruk

kerk
"Hoekom bly ons van die kerk af weg wanneer ons mismoedig voel?
(1) Ons is verleë omdat ons geloof nie werk soos wat ons gedink het dit sou nie.
(2) Ons is skaam omdat ons nog steeds met sekere probleme worstel.
(3) Ons is teneergedruk omdat dit lyk asof almal suksesvol is, behalwe ons.

Moenie toelaat dat teleurstelling jou van jou geestelike familie vervreem nie! Jy het hulle liefde en onderskraging nodig, en jy moet hulle hoor sê: "Ons het dit gemaak, en met God se genade kan jy ook!" Luister: "En laat ons tog nie... versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie." (Heb 10:25 NLV) As jy jou nie by jou geestelike familie aansluit nie, sal jy uit jou plek voel, geestelik en emosioneel bedruk wees, en voel asof jy verder en verder agter raak. Sodra jy so voel, sal Satan in jou oor fluister: "Los vandag die kerk en bly by die huis. Jy hoort tog nie daar by al die goeie mense nie". Verstaan sy strategie! As Satan jou kan isoleer van ander gelowiges, juis wanneer jy hulle die nodigste het, kan hy jou ook beroof van God se seën! Jy kan seker by die huis bly, jou Bybel lees of na 'n erediens op radio luister, maar in die binnekring van jou geestelike familie, sal jy vreugde ervaar en antwoorde en aanmoediging kry soos nêrens anders nie. Die kerk is die laaste plek waarheen die duiwel wil hê jy moet gaan wanneer jy mismoedig voel! Hy weet dat as jy gaan, jy deur God se teenwoordigheid aangeraak sal word, en die vermoë sal hê om uit die gat wat hy vir jou gegrawe het, uit te kruip."

Geskryf deur Radiokansel. As jy elke dag so 'n boodskap wil ontvang, gaan na www.radiokansel.co.za en teken in op hulle daaglikse "Woord vir Vandag". Jy het niks om te verloor deur dit te doen nie.

Mismoedig? Gaan kerk toe!
Hoekom bly ons van die kerk af weg wanneer ons mismoedig voel?
(1) Ons is verleë omdat ons geloof nie werk soos wat ons gedink het dit sou nie.
(2) Ons is skaam omdat ons nog steeds met sekere probleme worstel.
(3) Ons is teneergedruk omdat dit lyk asof almal suksesvol is, behalwe ons.

Moenie toelaat dat teleurstelling jou van jou geestelike familie vervreem nie! Jy het hulle liefde en onderskraging nodig, en jy moet hulle hoor sê: "Ons het dit gemaak, en met God se genade kan jy ook!" Luister: "En laat ons tog nie... versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie." (Heb 10:25 NLV) As jy jou nie by jou geestelike familie aansluit nie, sal jy uit jou plek voel, geestelik en emosioneel bedruk wees, en voel asof jy verder en verder agter raak. Sodra jy so voel, sal Satan in jou oor fluister: "Los vandag die kerk en bly by die huis. Jy hoort tog nie daar by al die goeie mense nie". Verstaan sy strategie! As Satan jou kan isoleer van ander gelowiges, juis wanneer jy hulle die nodigste het, kan hy jou ook beroof van God se seën! Jy kan seker by die huis bly, jou Bybel lees of na 'n erediens op radio luister, maar in die binnekring van jou geestelike familie, sal jy vreugde ervaar en antwoorde en aanmoediging kry soos nêrens anders nie. Die kerk is die laaste plek waarheen die duiwel wil hê jy moet gaan wanneer jy mismoedig voel! Hy weet dat as jy gaan, jy deur God se teenwoordigheid aangeraak sal word, en die vermoë sal hê om uit die gat wat hy vir jou gegrawe het, uit te kruip.