
Hoe lieflik is ons kerkgebou
wanneer die wierook van gebede
bly opstyg na U troon
Hoe lieflik is ons kerkgebou
wanneer flenter-mense stadigies
daarin heel word.
Hoe lieflik is ons kerkgebou
met die vooorhangsel
wat lankal geskeur het.
O Here, hoe bevoorreg is ek!
~ Maretha Maartens
Â
| < Vorige | Volgende > |
|---|





