Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Irish Swedish Yiddish
 
 
 
 
You are here:: Artikels Die Strepie
 
 
 
 
 
 

Die Strepie

E-pos Afdruk

strepie
Twee datums waaroor jy nie te veel beheer het nie, is jou geboortedatum en die dag wanneer jy jou asem die laaste slag uitblaas. Niemand het jou toestemming gevra of jy reg was om gebore te word nie. Dit gaan waarskynlik ook nie gebeur wanneer jy die dag doodgaan nie. En tog is dit eintlik net jou geboorte en dood wat tel as jy die dag nie meer hier is nie. Dis nou te sê, as jy grafstene glo! Maar het jy al opgemerk - daardie kort strepie wat hierdie twee datums aan mekaar verbind, is eintlik die heel belangrikste van alles! Mens noem dit LEWE! 

Jy het die keuse hoe daardie strepie lewe tussen jou geboortedatum en sterfdatum lyk! Jy kan kies om dit in 'n uitroepteken tot eer van die Here te verander, en of dit net 'n saai stippellyn gaan wees. Kies asseblief om vandag op jou lewensstrepie met die Here se wysheid te leef. Koop elke dag uit wat die Here tot jou eie strepie byvoeg. Maak 'n lewensgrootte verskil. Dan onthou ander nie later net die twee datums op jou grafsteen nie, maar jou strepie lewe daartussen wat hulle lewens geseën het. God ook!