Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Irish Swedish Yiddish
 
 
 
 
You are here:: Artikels Lemoene
 
 
 
 
 
 

Lemoene

E-pos Afdruk

Sy pluk lemoene in die tuin.lemoene


Hoeveel lemoene, vra die vrou,

kan ek in my hande hou?

 

 


Sy wil vir almal van die vrugte vat.

Hoeveel lemoene, wil sy vra,

kan mens in jou arms dra?



Buite die tuin waai ’n woedende wind.

Hoe ver gaan ek kom? dink die vrou,

en sy buig oor haar vrag soos oor ’n kind.



Een lemoen val, dan val daar meer.

Vir hoe lank, wonder die vrou,

kan mens so teen die wind in beur?



Jare daarna kom die vrou

weer te staan voor ’n boom.

Sy dink oor haar lewe soos oor ’n droom.



Sy gee nie meer om oor hoeveel nie.

Waarheen, vra sy nou, waarheen?

Lemoene is padkos. Die vrou pluk net een.

 
 
 
 

Nuwe Artikels

MP3 Preek

Login