Die Janfrederik kom sing nou elke oggend sy vrolike lied in die tuin, en sommer vir lank ook. Hy wag nie tot daar iemand is wat hom hoor nie, hy sing maar net.
En so, sonder dat sy voëltjielyfie dit weet, bring sy lied vir my ‘n glimlag ...’n vrolikheid in my hart. En ek dink ...so wil ek leef. So wil ek ook die gawes wat ek uit genade sommer net ontvang, gebruik in my daaglikse hier wees. So wil ek ook net wees, en gee, met ‘n vry hart, selfs daar waar ek dalk mag dink niemand hoor of sien nie. Want, net dalk, is die persoon wat daar vêr verbystap, die een wat dit nodig het. “Aan ELKEEN afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van ALMAL.” 1Kor 12:7.
Dankie vir die gawes waarmee jy bedien. Ons Heer se Naam word daardeur verheerlik, en so weerklink sy liefdeslied die wêreld vol!!
| < Vorige | Volgende > |
|---|





