Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Irish Swedish Yiddish
 
 
 
 
You are here:: Home
 
 

Laat alles wat asem het die Here Loof!

E-pos Afdruk

gawie_hannie

Ek is 8

‘n Spinnekop het Pappa gebyt toe ons met vakansie was, en nou is hy nog allergies vir pennisilien ook! Ek loer deur ‘n skrefie in die deur toe hy by God pleit om sy lewe, terwyl Oupa by hom sit. “Here, Laat my toe om my kinders te versorg en te sien grootword”

Ek hardloop kamer toe, val op my kniekies neer en bid kliphard……

Hy het gesond geword! God het hom gesond gemaak.

1 April 1979 Pa word 50. Wat ‘n vreugde. Die eerste kleinkind is oppad en tog …

Op 18 Mei sterf hy aan ‘n hartaanval.

 

Hemelvader, ek het net gevra vir groei in my geestelike lewe, nie vat my pa nie!

 

Vir ‘n hele jaar is ek in ‘n dwaal, kan nie lag nie, kan nie sing nie, kan …. nie

 

Ma word MOEDER, en elke oomblik wil ons hierdie mooi vrou beheer. Hierdie jong weduwee, steunpilaar in die gemeente, moet beskerm word. En tog op 58 kry sy ook ‘n hartaanval.

Sy wou veras word.

Nooit weer nie

Hoe groet jy?

As jy uit die kerk uitkom is sy weg! Ek wou nog vir haar sê …….

 

Ek het juis haar verjaardag gekies vir my seun se geboortedag.

Hulle moes mos nog baie jare saam verjaar.

 

Hy was dan juis God se belofte aan ons. Nadat Gawie sy werk, ons sekuriteit, ons huis, alles verloor het, en ek ‘n bywoner in my skoonma se huis moes word.

 

Die seuns groei en word groot en elkeen in sy eie reg, excel op eie gebied.

 

Ek is so trots op hulle!

 

Met die Kinderbediening is al 3 manne betrokke. Gawie moet aanry, aandra en opstel. Danie hanteer die klankstelsel en Werner speel klavier. Ons is almal betrokke in Concordia.

 

Met die bedrogsaak vra die seuns : “wanneer gaan ons net weer gewone lidmate wees?”

 

2004 Verkeerde tyd, verkeerde plek, word Gawie geskiet by Wonderboomnek.


Weer het God ons daardeur gedra. Vir die seuns ‘n wonderlike pa. Maar hy het altyd oor die tweede kans bly vra?..

31 Oktober 2007 berei hy ‘n feesmaal en laat weet hy kom, maar netnou word later en ek al kwater.

 

 

Wagtend tot Beeld bel en sê: “Kom”

Was die dringende besef

Groot fout

Groot Vrees

En Nooit eers geweet

Hy was nie eers meer gewees

 

Op 2 November moes ek hom in die lykhuis gaan uitken, daar waar hy gewerk het. Waar ons lank gewoon het, waar Danie gebore is.

 

Hoe het hulle hom dan nie herken nie? Hoe is hy dan “ONBEKEND?”

 

Maar kom, kom, ons moet vir hom die mooiste begrafnis hou.

 

Danie ry my rond terwyl Werner die Video saamstel. Van kleintyd tot nou

met Josh Groban se musiek – Remember me- as agtergrond.

Dit was so mooi! Daar was so baie mense! Dankie Here, ons is nie alleen nie!

 

Maar met tyd kom daar van die beloftes van besoekies niks en jy voel van God en mens verlaat!

 

Want Sondag vir Sondag sit jy op jou gewone plek.

Hunkerend na die boodskap van God.

Op mense kan jy nie staatmaak nie.

 

Job en Jesaja word my metgesel en hoop.

 

Jes 51: “Ek gaan hierdie beker wat jou laat steier het, uit jou hand uit wegvat, en jy hoef daaruit nooit weer te drink nie”

 

Ek soek en onderstreep elke vers wat sê : “Moenie bang wees nie”

 

Jes 54 : 6 ”JY is ‘n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug,

Vers 4: moenie bang wees nie, jy sal nie weer in die skande kom nie”

 

Intussen bly ek vasklou aan Job 42:10 :”Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat jy verloor het” vers 12: Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste”.

 

Dankie Heer vir die seuns, my sussies en die handvol vriendinne, wat moeite bly maak en soms besoek, sms’e stuur en saam bid

 

Is dit dan nie alles te goed om waar te wees nie?

 

Ja ek wou al selfmoord pleeg

Ja ek word moedeloos

Ja ek word bang

 

Om pos oop te maak word nou makliker,

Ek lees dit wat ek wil

En los die res vir Werner

Om in ‘n winkelsentrum in te gaan is nog ‘n nagmerrie,

 

Die behoefte aan menslike aanraking -

‘n Drukkie beteken so baie!

 

Heilig, ek?

Nee, maar ek klou vas aan God se beloftes.

En ek herhinder hom gedurig daaraan,

 

Want ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

 

Ongeduldig, want Sy tyd is nie myne nie,

 

Want kyk EK gaan iets nuuts doen, en die tyd is NOU.

 

Jes 12 : GOD IS MY REDDER

 

“Op daardie dag sal jy sê:

Ek loof U, Here!

U was kwaad vir my,

Maar U is nou nie meer kwaad nie

En U het vir my uitkoms gegee.

God is my redder;

Ek Vertrou op Hom

Ek is nie meer bang nie.

Die here my God is my krag

En my beskerming

Hy is my redder.”

Met blydskap sal julle water skep

Uit die fonteine van redding.

Op die dag sal julle uitroep:

“Loof die Here,

Roep sy Naam aan,

Maak sy dade onder die volke bekend

En verkondig dat sy Naam groot is.

Sing tot die eer van die Here,

Want Hy het groot dinge gedoen,

Maak dit aan die hele wêreld bekend.

Jubel en juig, inwonders van Sion/ Concordia/ Moot

Want groot is die Heilige van Israel

En Hy is by elkeen van ons!”.

 
 
 
 

Nuwe Artikels

MP3 Preek

Login