Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Irish Swedish Yiddish
 
 
 
 
You are here:: Home
 
 

Want ons Heer is Groot

E-pos Afdruk

Vasgevang-tussen mureberge

Ingeperk- deur mensgedagtes
Teruggehou-deur aardsbesittings
Weggehou- deur haas na die volgende

En die Woord kom : “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.”
Johannes 14

Ek word wakker en teen die vroeë, nog donker, oggendhemel, blink
die morestêr sy blinkste blink. Met  die hart van ‘n kind, steek ek my
hand stadig uit, want dis ‘n aanraak-naby oomblik. Die stilte, die
Teenwoordigheid ...ek staan weerloos, veilig. Ek wil hier bly, in
hierdie oomblik, want hier is nie mure nie. Hier sien ek wyd. Hier lê
die berge verder en verder en verder. Ek wil hier bly, want hier maak
mensgedagtes my nie benoud nie.
Hier is ek vry. Ek wil hier bly,
want hier is ek nie
aardsbesitting, maar
Godsbesitting.
Hier is daar baie tyd vir sit
en gesels, vir sit
en luister. Hier...by my Heer se voete.
Ek sing saam met Dawid Psalm 19:
“Die hemel getuig van die mag van God.
die uispansel maak die werk van sy hande bekend.
Die een dag gee die berig deur aan die ander
en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.
Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem.
Tog gaan daarvan ‘n boodskap uit oor die hele wêreld
en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.”

 
 
 
 

Nuwe Artikels

MP3 Preek

Login