Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Irish Swedish Yiddish
 
 
 
 
You are here:: Home
 
 
Tag: Afrikaans Volgorde

Iets wat wegraak, verloor nie sy waarde nie. God soek gedurig, van alle tye af, na mense wat weggeraak het. Daarom het Hy sy Seun gestuur. Sulke "weg" mense verloor nie hulle waarde nie. Daar is selfs mense wat gereeld in die kerk is, maar wat "weg" is vir God. God vra vir ons - waar is ons en waar is ons broers. Wat is ons antwoord?

Daar kom groot oomblikke in 'n mens se lewe - wonderlike geleenthede, ongelooflike kanse, lewensverrykende gebeurtenisse. Dinge wat sin en betekenis gee aan jou lewe en die van ander. Ons moet dit aangryp, soos die Romeine sê: “Carpe diem” - gryp die kans.

Volgens Paulus is daar twee stelle reëls - een vir die wêreld en een vir dié wat in Christus is. Ons moet krities kyk na hoe ons is wanneer ons nie met die kerk besig is nie - wanneer ons met ons werk besig is, of oppad is, en met ander mense in kontak kom. Hoe lyk ons reëls dan?

Die Bybel is vandag net so geldig as toe dit duisende jare terug geskrywe is. Ons twyfel so maklik oor allerhande dinge. Hoe om hierdie twyfel te hanteer word vir ons uitgestip in Jesus se voorbeeld. Hy antwoord twyfel uit die Bybel. Dis hoe ons ook moet doen.

God sê vir ons baie duidelik: Die Here het 'n afsku aan praktyke soos towenaars of iemand wat voortekens lees. Steur jy jou aan dinge soos astrologie, oprope van geeste, ens? Luister weer na wat God vir ons daaroor sê.

Ons noem onsself kinders van die Here. Wat sal God vir ons sê wanneer ons voor God verskyn om geskei te word - paradys of doderyk?

Wat kan ons verwag gaan met ons gebeur na ons hierdie lewe verlaat? Hoe verskil die doderyk en die paradys? Hoe sal ons mekaar herken as ons daar is?

 

Laat ons saam met Petrus sê: “Here, U het die woorde wat lewe gee.” en “Here, U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

Wat sien mense om ons in ons? Dit is wat God van ons wil weet. Lyk ons soos sy kinders?

Ons sê so maklik: Here, as U God is ... Waarom twyfel ons so wanneer die lewe se storms ons tref? Dit is ons grootste struikelblok.

Pinkster is een van die grootste feeste. Die wonderwerk daarvan lë nie in die spreek van tale nie, maar in die hoor van tale.

Wat gebeur in ons kerk nadat pinkster verby is totdat kersfees weer kom? Jesus se opdrag is om na ander nasies te gaan en hulle te bearbei. Ons is laks daarmee, maar nou stuur God ander nasies na ons toe! En Hy sê dat Hy met ons sal wees - altyd. Ons moet hierdie kanse gebruik.

Ons glo so maklik dat as ons 'n kerk bywoon, dit ons "lewendig" maak. Wat maak ons dan lewendig? Ons het in die kerk bang geword vir die werking van die Heilige Gees.

Die gawes wat God aan ons gee, is aan ons gegee tot voordeel van ander! Dis nie om onsself te verryk nie! Elke mense het gawes gekry, party meer as ander, maar niemand is oorgeslaan nie. En al hierdie gawes is ewe belangrik.

Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, ens. Ons is geroep om anders as ander mense te leef - ons moet nie net goed doen nie, maar ons moet dit doen in die Naam van die Here. Ons kan nie goed doen en ons dan op God se genade beroep nie. Dit werk juis andersom.

Elke dag behoort ons te weet dat die Heilige Gees met ons werk. Ons lewens moet ons dankbaarheid daarvoor aan ander wys. Dit moet binne ons bewe - so dat dit ander mense raak - soos wat die Gees in ons besig is.

Waar was die Heilige Gees voor pinkster in Jesus se tyd op die aarde? Van wanneer af was Hy daar?

Hoe belangrik is die hemelvaart van Jesus nog vir ons? Het dit regtig gebeur? Hoe kan ons dit glo?

"Mevrou, jou geloof is groot". Ons lees van soveel vroue in die Bybelse tyd wie se gebede soveel groot dinge tot gevolg gehad het. Wat van ons vroue vandag?

Die wêreld bied vir ons alles en net van die beste dinge. Maar God leer ons om te doen wat reg is, selfs as niemand kyk nie. Gaan ons maar net saam met die groep of staan ons uit vir die Here? Selfs in 'n vreemde land - soos Daniël en sy vriende?