|
Die is vir al die mammas wat hulle sterre vries op die metaal paviljoen by die rugby of krieket wedstryd in plaas daarvan om dit van die warmte van die kar sitplek af te kyk sodat as die outjie vra "Het ma dit gesien" dan kan jy antwoord "Maar natuurlik, ek sal dit vir niks in die wêreld mis nie" en dit bedoel uit hulle harte uit.Dit is vir al die mammas wat honger bly sodat hulle kinders kan eet. Dis is vir al die mammas wat hulle seuns leer kook en hulle dogters leer om 'n goeie opstopper te kan gee.
|



