|
Kom leer 'n paar lesse oor jouself uit Petrus se doen en late rondom die kruisiging van Jesus. Wat het hy gedoen wat ons ook doen? Hoe is sy optrede soortgelyk aan wat ons gedurig deurgaan? Watter lesse kan ons leer uit hierdie stukkie geskiedenis? Soos 'n goeie boer met liefde omsien na sy vee, en liefdevolle ouers omsien na hulle kinders, so sien God om na ons - sy sukkelende kinders. Maar meer nog, Hy doen vir ons wat geeneen van ons ooit vir mekaar kan doen nie. Hy het die dood oorwin - vir ons. En almal moet hierdie boodskap kry sodat dit 'n verandering in ons lewens kan maak. Ons weet uit die Bybel van die sewe kruiswoorde van Jesus. Maar daar was ook 'n belangrike "agste" kruiswoord. En dit kom van iemand wat voor die kruis gestaan het toe Jesus gesterf het. En dit is van die beste bewyse wat ons het dat Jesus waarlik gesterf het en dat Hy waarlik ook die Seun van God was. Die mens se sonde raak die hele skepping, die hele wêreld. Maar Jesus se opoffering vir ons het ook die hele wêreld geraak. Dit het ons so geraak dat ons nou met vrymoedigheid na God kan gaan, sonder vrees vir Hom. Niemand het Jesus se lewe geneem nie - Hy het dit vrywillig vir ons afgelê. Niemand kon dit verhoed nie. Wat Hy gedoen het is groter as waarvoor ons woorde het. Wat is jou reaksie as jy voor die kruis staan, as jy na Jesus opkyk? Jesus is God se Paaslam wat die ewige dood van ons weghou! Aan die kruis het hy gesê "dit is volbring". Wat is alles volbring? Luister bietjie. Jona was ontevrede met wat God gedoen het. Wat dink ons wanneer iemand van wie ons nie hou nie, vertel dat hulle tot bekering gekom het? Miskien iemand wat ons dink nie "redbaar" is nie. Reken ons dalk dat dit net 'n rukkie sal hou? Daar is niks mooi aan Jesus se kruisiging nie - niks romanties nie. Al wil ons dit ook hoe graag afmaak as iets minder swaar as wat dit regtig was nie. Jesus is op van die wreedste maniere moontlik gemartel en het ontsaglik gelei - dit alles vir ons. Ons kan nie ligtelik daarmee omgaan nie. Onthou, Jesus het Hom laat doodmaak vir ons. As ons meer het as wat ons kan gebruik, of as wat ons regtig nodig het, dan het ons iets om met ander te deel. Dit geld vir ons tyd, talente, vir alles waarvan ons in oormaat van God ontvang. Luister na hierdie kragtige getuienis van Christene se betrokkenheid in oud-Russiese lande waar daar talle mense, en veral ook kinders, is wat groot gebrek lei. As jy 'n begeerte het om op die een of ander manier betrokke te raak, is dit baie maklik. Lees ook die artikel "Sending Sonder Grense". Ek is 8 ‘n Spinnekop het Pappa gebyt toe ons met vakansie was, en nou is hy nog allergies vir pennisilien ook! Ek loer deur ‘n skrefie in die deur toe hy by God pleit om sy lewe, terwyl Oupa by hom sit. “Here, Laat my toe om my kinders te versorg en te sien grootword” Ek hardloop kamer toe, val op my kniekies neer en bid kliphard…… Hy het gesond geword! God het hom gesond gemaak. 1 April 1979 Pa word 50. Wat ‘n vreugde. Die eerste kleinkind is oppad en tog … Op 18 Mei sterf hy aan ‘n hartaanval.
Hemelvader, ek het net gevra vir groei in my geestelike lewe, nie vat my pa nie!
Vir ‘n hele jaar is ek in ‘n dwaal, kan nie lag nie, kan nie sing nie, kan …. nie Met Jesus se koms het Hy 'n nuwe familie geskep waarvan ons deel kan wees, en is. Deur Sy bloed word ons aan mekaar verbind in 'n familie-band. Jona het 'n opdrag van die Here gekry. Maar wat doen hy? Hy vlug in die teenoorgestelde rigting - weg van die Here af (of so het hy geglo). Wat doen ons wanneer Hy vir ons 'n opdrag het, al is dit hoe klein? Draai ons nie ook maar ons koppe weg en probeer wegkom van ons opdrag nie? Dan wonder ons nog oor die storms wat rondom ons woed! As 'n sondaar om hulp roep, kan Jesus nie swyg nie! Dit het Hy bewys selfs toe Hy aan die kruis gehang het. Maar, as iemand teen Hom kies, gaan hy verlore. Wat bedoel Jesus as Hy vir ons sê "Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees"? Luister hier. Wil jy gesond word? Vir 'n man in die tyd toe Jesus op aarde was, het dit beteken dat hy verantwoordelikheid moet vat vir homself na 38 jaar se swaarkry. Wil jy jammer gekry word, of wil jy gesond word? Moet nooit dink dat jy niks kan doen nie, of dat jy nie kan verander of verbeter nie. Maar besef wat dit sal behels om "gesond" te word as die Here jou die keuse sou gee. Maak vandag seker waar jy is: onder Sy bloed of sonder Sy bloed. Wat beteken dit om te vergewe - om werklik te vergewe? Jesus alleen kan ons daardie antwoord gee en Hy doen dit ook baie duidelik op 'n paar plekke in die Bybel. Leer iets oor die Ou Testament en die Nuwe Testament op 'n eenvoudige manier. Weet jy byvoorbeeld wat is die oudste boek in die Bybel? Nee, dis nie Genesis nie. Probeer weer. Ons lewe elkeen in 'n gemaksone van die een of ander aard. Op geloofsvlak beveel Jesus: "klim uit jou boot uit!" soos wat hy vir Petrus gesê het. Maar ons moet op Hom fokus, nie soos Petrus op die golwe en die storm gefokus en toe gesink het nie. Oppas waarvoor jy vra - jy mag dit dalk kry. |
|
|
|



