Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Irish Swedish Yiddish
 
 
 
 
You are here:: Home
 
 
Tag: Preek Volgorde

Ons is almal briewe wat deur die loop van ons lewens geskryf word. Hoe lyk jou brief? Waarmee skryf jy hierdie brief - met jou potlood of pen, met jou eie hand miskien? Leer hoe hierdie brief geskryf behoort te word.

Ons is almal briewe wat deur die loop van ons lewens geskryf word. Hoe lyk jou brief? Waarmee skryf jy hierdie brief - met jou potlood of pen, met jou eie hand miskien? Leer hoe hierdie brief geskryf behoort te word.

God se verhouding met sy volk word in baie gedeeltes in die Bybel vergelyk met 'n huwelik. God het hierdie beeld met 'n spesifieke rede gebruik. Ons weet dat baie huwelike in ons tyd nie hou nie en ons vra gereeld hoekom dan. Luister na wat God vir ons wil sê hieroor.

In baie gelowe is daar sogenaamde "heiliges". Wat maak ons as christene se heiligheid anders as hierdie ander heiliges? Luister hier na die verskil.

Hoe lyk iemand wat heilig is? Lyk hy anders as ons gewone mense? Of is dit iemand wat nooit iets verkeerd doen nie? Ons weet Jesus was heilig, maar wie behalwe hom? Wat van Moses, of dalk Petrus, of Paulus?

Hoe lank is jou lewe nog? Sou jy nie graag wou weet nie, né?  In God se terme is ons lewens maar nietig en kort. Wat belangrik is, is die inhoud van ons lewens. Wat vul jou lewe? Kyk bietjie wat pak die Here alles in ons kort lewens in.

Ons is alte geneig om mense op hulle uiterlike te oordeel. Maar Christus kyk verby hierdie uiterlike en sien waarvan ons regtig gemaak is. Hy kyk nie ons uiterlike mis nie, maar Hy sien soveel dieper as wat ons ooit kan. En dit kan vir ons beide vreesaanjaend en vertroostend wees. Christus weet watter potensiaal ons het nog voordat ons dit weet, daarom kan Hy ons lewens aanraak en ons van koers laat verander.

Ons maak almal keuses regdeur ons lewens. En elke keuse wat ons maak, stuur ons lewe in 'n rigting. Dit het 'n impak op ons eie lewens, maar ook op ander se lewens. Maak nou die keuse en luister na hierdie boodskap oor keuses en die implikasies van ons keuses.

In ons lewens is daar gedurig dinge wat ons verhinder om by die Here uit te kom. Hoe gereeld gaan ons byvoorbeeld kerk toe? Wat verhinder ons? Maar onthou, Jesus het lank terug reeds vir ons gesterf en dit geld vandag nog. Daarom kan ons nie toelaat dat hindernisse ons van Hom weghou nie. Hy sal ons vergewe as ons bereid is om na Hom te kom. Regtig.

 

Soos die blinde man wat by die stadspoort gesit het toe Jesus daar verbykom, kry ons soms geleenthede op ons pad. Wat maak ons daarmee?

In die verlede was die eerste Sondag van Augustus opsygesit om te bid vir ons kinders. Jesus het van die kinders gesê dat hulle belangrik is en as iemand hulle op verkeerde paaie lei, dit vir hulle beter is om 'n swaar dood te sterf. Dis duidelik dat kinders vir Hom baie belangrik is en dat dit ons plig as ouers is om hulle op geestelike en godsdienstige vlak leiding te gee soos Jesus dit vir ons voorskryf. Hoe hard werk jy aan jou kinders se geestelike opleiding en aan die belofte wat jy voor God gemaak het toe jou kinders gedoop is?

Die mensdom het nog altyd verskonings gemaak as God ons roep, vir wat ookal. Moses, Samuel, Jona en nog baie ander. Ons doen vandag nog dieselfde. Wat is jou verskoning? Hoekom kan jy nie vir God volg nie? Luister na wat Jesus gesê het hieroor en vra dan vir God om jou te help om oor die verskonings te kom.

In die Bybel leer ons hoe ons God moet liefhê. Het jy al by daardie punt gekom om jouself aan Hom te gee? En hoe doen mens dit - wat is nodig sodat ons werklik kan sê dat ons Hom liefhet "met ons hele hart, gees, verstand en al ons krag"?

Hoe kom ons werklik by God uit - hoe wen ons sy liefde? Deur gereeld kerk toe te gaan? Of dalk om die Bybel goed te ken? Wat van om alles reg te doen soos die Woord aan ons voorskryf? Wat sê Jesus vir ons?

Die Here nooi ons vandag nog om na Hom te gaan - "almal wat uitgeput (of vermoeid) en oorlaai is". Dan belowe Hy verder dat Hy ons rus sal gee.

Daar is soveel goed waarna ons kan gryp om uit die bedruktheid en depressie van ons tye weg te probeer kom - drank, dwelms, plesier. Wanneer kry ons dit reg om 'n lewe van waarde te lei? Moet ons al besiger en besiger word, ryker en ryker word, slimmer en slimmer? Pasop om nie so besig te raak met "goed" en dan die God van al die goed mis te loop nie.

God doen dinge nie sommer net nie. Hy werk altyd met 'n plan. Kyk maar na die tien plae wat die Egiptenare getref het in die tyd van Moses. Elkeen van hierdie plae was met 'n spesifieke doel gestuur en wys hoe magtig ons God is.

Ons is God se kinders, dus is Hy ons Vader. Regtig. Maar hoe weet ons dit? Natuurlik staan dit in die Bybel geskrywe. En Hy is nie naastenby soos ons vaders voorstel nie. Want ons neem nie vaderskap so ernstig op soos on s behoort nie. Daarby ignoreer ons die feit dat God ons hemelse Vader is, omdat dit vir ons geriefliker so is.

Die Here seën ons op baie maniere as ons aan Hom gehoorsaam is en bereid is om te lewe soos Hy dit wil. Maar Hy waarborg op geen stadium dat dit altyd met ons sal goedgaan nie, of dat ons altyd ryk sal wees, of gesond, of voorspoedig op fisiese vlak nie. As ons dit verwag van Hom, moet ons weer die Bybel lees en fyn luister na wat Hy vir ons sê deur dit wat Hy aan sy dissipels geleer het.

Jesus sê vir ons dat ons geseënd sal wees as die wêreld ons vervolg, dit vir ons moeilik maak omdat ons in Hom glo. Maar dit is belangrik dat ons mekaar in gebed aan Hom opdra.

 
 
 
 

Nuwe Artikels

MP3 Preek

Login