Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Irish Swedish Yiddish
 
 
 
 
You are here:: Home
 
 
Tag: Dominee Hennie Gouws Volgorde

Hoe lank is jou lewe nog? Sou jy nie graag wou weet nie, né?  In God se terme is ons lewens maar nietig en kort. Wat belangrik is, is die inhoud van ons lewens. Wat vul jou lewe? Kyk bietjie wat pak die Here alles in ons kort lewens in.

In ons lewens is daar gedurig dinge wat ons verhinder om by die Here uit te kom. Hoe gereeld gaan ons byvoorbeeld kerk toe? Wat verhinder ons? Maar onthou, Jesus het lank terug reeds vir ons gesterf en dit geld vandag nog. Daarom kan ons nie toelaat dat hindernisse ons van Hom weghou nie. Hy sal ons vergewe as ons bereid is om na Hom te kom. Regtig.

 

Soos die blinde man wat by die stadspoort gesit het toe Jesus daar verbykom, kry ons soms geleenthede op ons pad. Wat maak ons daarmee?

In die verlede was die eerste Sondag van Augustus opsygesit om te bid vir ons kinders. Jesus het van die kinders gesê dat hulle belangrik is en as iemand hulle op verkeerde paaie lei, dit vir hulle beter is om 'n swaar dood te sterf. Dis duidelik dat kinders vir Hom baie belangrik is en dat dit ons plig as ouers is om hulle op geestelike en godsdienstige vlak leiding te gee soos Jesus dit vir ons voorskryf. Hoe hard werk jy aan jou kinders se geestelike opleiding en aan die belofte wat jy voor God gemaak het toe jou kinders gedoop is?

In die Bybel leer ons hoe ons God moet liefhê. Het jy al by daardie punt gekom om jouself aan Hom te gee? En hoe doen mens dit - wat is nodig sodat ons werklik kan sê dat ons Hom liefhet "met ons hele hart, gees, verstand en al ons krag"?

Die Here nooi ons vandag nog om na Hom te gaan - "almal wat uitgeput (of vermoeid) en oorlaai is". Dan belowe Hy verder dat Hy ons rus sal gee.

Ons is God se kinders, dus is Hy ons Vader. Regtig. Maar hoe weet ons dit? Natuurlik staan dit in die Bybel geskrywe. En Hy is nie naastenby soos ons vaders voorstel nie. Want ons neem nie vaderskap so ernstig op soos on s behoort nie. Daarby ignoreer ons die feit dat God ons hemelse Vader is, omdat dit vir ons geriefliker so is.

Wat is die boodskap van Hemelvaart? Ons het "Iemand" in die hemel - 'n hoë priester. Dit is snaaks dat hemelvaart so stil-stil by ons verbygaan en nie die aandag kry wat Kersdag en Paasfees kry nie.

Ons raak so gewoond daaraan om in beheer te wees van feitlik alles. Dit is dan so maklik om te vergeet wat Chrisus vir ons gedoen het. Maar deur die geskiedenis is dit nog altyd waar - Sy dood en opstanding gee vir ons die geleentheid om nuut te begin. Ons kan weet dat in die hemel vir ons iets bewaar word wat meer weerd is as goud. Al wat ons moet doen is om werklik te glo en dit sal vir ons werklik word, meer as net beloftes.

Wat maak jou onrustig of bang in die lewe? Daar is baie dinge, né? Wat van inbrake, moord, bedrog, die dood, om maar 'n paar te noem. Ons het gereeld troos en bemoediging nodig. Maar waar kry ons dit, van wie? Natuurlik gee die Here ons troos as Hy sê: "Troos my volk." Dis nie net 'n troos vir die ewige lewe nie, maar ook vir nou.

Ons dink nie noodwendig aan eredienste as 'n fees nie. Maar dit is en ons moet dit ook so beleef. Maar ons is baie geneig om dit meer as 'n beslommernis te beskou as 'n fees - hoe gouer dit verby is, hoe beter. Maar dink 'n bietjie - hoekom het ons nog eredienste, wat is vir jou besonder daaraan, wat geniet jy?

Soos die mense gestaan en kyk het hoe Jesus gekruisig word, het ons die afgelope tyd gekyk na die aanloop tot die kruisiging. Wat het ons gesien? En wat gaan ons doen met dit wat ons gesien het? Ons mag nie maar net toekyk en nie reageer op wat ons gesien het nie.

Pilatus het bo-aan die kruis van Jesus laat skryf: "Jesus van Nasaret - die koning van die Jode". Hy het dit as 'n vernedering, 'n spot gedoen. Maar hy was baie naby aan die waarheid want Jesus is nie net Koning van die Jode nie, maar van elke mens. Is Hy jou Koning ook?

Ons is in die Lydenstyd. Ons lees dat die Here op 'n stadium "sover mens met 'n klip kan gooi" van sy dissipels gaan bid het. Ons weet die Here doen alles met 'n doel. Wat beteken dit vir ons?

In Christus se laaste gebruik van die nagmaal is vir ons baie lesse opgesluit. Onder andere kan ons leer by Hom hoedat Hy neem, breek en gee tot ons voordeel en tot uitbouing van sy Koninkryk.

Waarvan kan ons seker wees? Dalk van ons lewens, gesondheid, werk, wat van welvaart...? Paulus sê in Romeine 8:38 "Hiervan is ek oortuig...!"

In Joh. 10:4 sê Christus vir ons "Ek loop voor julle uit". Ons kan (en behoort) Hom blindelings volg. Inteendeel, ons kan nie bekostig om agter te raak nie.

Hier gaan dit oor ons verhouding met God en met ons verhouding met ons goed.

Iets oor ons kommunikasie met God wanneer ons stiltetyd hou.

Hoekom moet ons aan die Here gee? Nie net ons geld nie, maar ook onsself? Hoe moet ons dan gee en hoeveel verwag die Here?

 
 
 
 

Nuwe Artikels

MP3 Preek

Login