|
Ons is almal briewe wat deur die loop van ons lewens geskryf word. Hoe lyk jou brief? Waarmee skryf jy hierdie brief - met jou potlood of pen, met jou eie hand miskien? Leer hoe hierdie brief geskryf behoort te word. Ons is almal briewe wat deur die loop van ons lewens geskryf word. Hoe lyk jou brief? Waarmee skryf jy hierdie brief - met jou potlood of pen, met jou eie hand miskien? Leer hoe hierdie brief geskryf behoort te word. God se verhouding met sy volk word in baie gedeeltes in die Bybel vergelyk met 'n huwelik. God het hierdie beeld met 'n spesifieke rede gebruik. Ons weet dat baie huwelike in ons tyd nie hou nie en ons vra gereeld hoekom dan. Luister na wat God vir ons wil sê hieroor.
Nog los gedagte.
Ek het geen idee waarheen hierdie gesprek of gedagtes kan lei nie! Ek stap Donderdag in 'n winkelsentrum in en kry 'n ma wat vir haar vier-jarige seuntjie en sy maatjies, wat almal in die maand verjaar, speelgoed koop. (Seker net 'n dominee wat daardie tyd van die dag in winkelsentrums kan rondloop?) Almal kry dieselfde geskenke, 'n plastiek swaard, skild en helm. Dadelik kom die vraag by my op: Hoekom juis dit? Ek het nie die guts om haar te vra nie! In baie gelowe is daar sogenaamde "heiliges". Wat maak ons as christene se heiligheid anders as hierdie ander heiliges? Luister hier na die verskil. Hoe lyk iemand wat heilig is? Lyk hy anders as ons gewone mense? Of is dit iemand wat nooit iets verkeerd doen nie? Ons weet Jesus was heilig, maar wie behalwe hom? Wat van Moses, of dalk Petrus, of Paulus? Ons maak almal keuses regdeur ons lewens. En elke keuse wat ons maak, stuur ons lewe in 'n rigting. Dit het 'n impak op ons eie lewens, maar ook op ander se lewens. Maak nou die keuse en luister na hierdie boodskap oor keuses en die implikasies van ons keuses. Die mensdom het nog altyd verskonings gemaak as God ons roep, vir wat ookal. Moses, Samuel, Jona en nog baie ander. Ons doen vandag nog dieselfde. Wat is jou verskoning? Hoekom kan jy nie vir God volg nie? Luister na wat Jesus gesê het hieroor en vra dan vir God om jou te help om oor die verskonings te kom. Hoe kom ons werklik by God uit - hoe wen ons sy liefde? Deur gereeld kerk toe te gaan? Of dalk om die Bybel goed te ken? Wat van om alles reg te doen soos die Woord aan ons voorskryf? Wat sê Jesus vir ons? Daar is soveel goed waarna ons kan gryp om uit die bedruktheid en depressie van ons tye weg te probeer kom - drank, dwelms, plesier. Wanneer kry ons dit reg om 'n lewe van waarde te lei? Moet ons al besiger en besiger word, ryker en ryker word, slimmer en slimmer? Pasop om nie so besig te raak met "goed" en dan die God van al die goed mis te loop nie. God doen dinge nie sommer net nie. Hy werk altyd met 'n plan. Kyk maar na die tien plae wat die Egiptenare getref het in die tyd van Moses. Elkeen van hierdie plae was met 'n spesifieke doel gestuur en wys hoe magtig ons God is. Die Here seën ons op baie maniere as ons aan Hom gehoorsaam is en bereid is om te lewe soos Hy dit wil. Maar Hy waarborg op geen stadium dat dit altyd met ons sal goedgaan nie, of dat ons altyd ryk sal wees, of gesond, of voorspoedig op fisiese vlak nie. As ons dit verwag van Hom, moet ons weer die Bybel lees en fyn luister na wat Hy vir ons sê deur dit wat Hy aan sy dissipels geleer het. Jesus sê vir ons dat ons geseënd sal wees as die wêreld ons vervolg, dit vir ons moeilik maak omdat ons in Hom glo. Maar dit is belangrik dat ons mekaar in gebed aan Hom opdra. "Geseënd is die wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is." Kan jy aanspraak maak op hierdie seën van die Here? Jesus sê: "Leer by My want Ek is sagmoedig". Wat sê Hy regtig vir ons en veral in ons moderne tye. Hoe leef ons sagmoedig en oorleef steeds in ons daaglikse werk en omgang? Om vrede te maak in ons onseker tye met alles wat om ons en met ons gebeur is tog sekerlik nie vir elkeen van ons bedoel nie. Kom luister egter na 'n kragtige getuienis van iemand wat deur diep, diep dinge is en wat met God aan die ander kant uitgekom het en nog steeds besig is om met Hom te wandel en wie waarlik geleer het om te vergeef en aan God alle beheer oor te laat. Wat beteken dit om "barmhartig" te wees? Kom luister hier. Om "arm van gees" te wees, is om gebrek te hê aan insig in onsself en in hoe nodig ons God in ons lewens het. Ons is so vry en onafhanklik en vergeet dan so maklik ons afhanklikheid van God. Jesus het gesê dat Hy gekom het om die "koninkryk van die hemele" te verkondig. Wat dit vir ons beteken word duidelik uit wat Jesus in die openbaar aan mense verkondig het. Wat is skinder? Skinder christene? Mag ons skinder? Is daar 'n probleem daarmee om te skinder? Hoe weet ons? Natuurlik lees ons die Bybel om die antwoord te kry. |
|
|
|



