Afrikaans Danish Dutch English German Icelandic Irish Swedish Yiddish

You are not logged in.

 
 
 
 
You are here:: Forum
 
 
Welcome, Guest
Please Login or Register.    Lost Password?

Willie Gerber
(1 viewing) (1) Guest
Vir gebedsversoeke, vordering en groete boodskappe.
Go to bottomPage: 1
TOPIC: Willie Gerber
#63
Willie Gerber 1 Year, 5 Months ago  
Willie was sopas vanmiddag (Maandag 6 September) in 'n ernstige ongeluk en het blykbaar baie seergekry. Hy is in 1 Militêre Hopsitaal opgeneem met ernstige heup en been beserings. Dra hom asseblief aan die Here op en vra vir sy spoedige herstel. Ons vertrou dat hy gou weer op die been sal wees en ten volle van die beserings sal herstel. (Vir die wat nie weet nie, Willie is ons hoof klankman.)

Enigeen met nuwe inligting is welkom om hierop te reageer.
The administrator has disabled public write access.
 
#66
Re:Willie Gerber 1 Year, 5 Months ago  
Ekself het nie veel inligting nie, maar ek verstaan Willie was vanmiddag in die teater vir 'n baie lang operasie. Dit klink of die been ernstig beseer is en dat daar 'n kans was dat dit ge-amputeer sou word. Klaarblyklik het die spesialiste dit intussen reggekry om die been vas te heg - hoe weet ek nie. Hy gaan egter nog deur 'n baie moeilike tyd gaan en alle gebede is nou belangrik. Die Here alleen weet waarom dit gebeur het en wat sy plan daarmee is, daarom kan ons maar net ten volle op Hom vertrou en vra dat Hy sy wil sal laat geskied en nie ons s'n nie.

Enigeen met meer nuus? Skryf asseblief of kontak my as jy sukkel daarmee. Something is hidden for guests. Please log in or register to see it.
The administrator has disabled public write access.
 
Go to topPage: 1
 
 
 
 

Nuwe Artikels

MP3 Preek

Login