Ons is geseënd in Capital Park om tussen mense te wees met geweldige talente, mense met baie verhale, ouer mense met ontelbare ervarings en met elkeen van ons gebeur allerhande interressante dinge deur die week. Maar ons weet so min van mekaar. Een moontlike rede hiervoor is dat ons mekaar (meestal) net op 'n Sondag sien en nie veel kontak deur die week het nie.
Daar word al lank reeds gepraat oor 'n gemeenteblad. Maar, soos dit nou eenmaal is, is die ous met die idees

nie noodwendig die ous wat iets daaraan gaan doen nie

. Hier is die goeie nuus: Pieter het homself bereid verklaar om te help om die gemeenteblad af te skop.

Ekself is bereid om my deel te doen en onder andere seker te maak dat die blad op die webwerf ook verskyn.
Idees is daar baie. Dus, sonder om snaaks te probeer wees, soek ons nie na idees nie, maar mense wat sal bydra tot die gemeenteblad, al is dit iets klein, want met baie bietjies kan ons iets ordentliks doen. Hier is dus 'n uitnodiging vir almal wat op een of ander manier wil deel word van hierdie geskiedkundige gebeurtenis in ons gemeente - kontak my of Pieter en maak 'n verskil in iemand se lewe.
Ons sien daarna uit om van julle te hoor.
Kobus